
|
|
![]() |
Vir aandag: Noeline Loubser en Henry Potgieter
Goeiemiddag
Ek het onlangs ‘n nuwe Toyota Fortuner by Bennie Kriel van Ermelo Toyota gekoop en wil hom maar net graag komplimenteer vir die uitstekende diens wat ek by hom gekry het. Bennie het vroeg in Junie vir my ‘n kwotasie deurgestuur waarna ek besluit het om Saterdag die 12de Junie vanaf Pretoria deur te ry Ermelo toe om hom te gaan ontmoet. Hy het toe ook vir my gesê dat hy nie tans ‘n Toyota Fortuner in voorraad gehad het nie, en die vroegste wat hy my kan help met een, was eers die 5de Julie. Hy het nogtans gesê hy sal kyk wat hy kan doen. Die volgende moet ook genoem word:
* Maandag, die 14de Junie het hy my laat weet dat hy een vir my * Ek was baie verbaas dat hy dit so gou vir my kon kry en was * Dit is ‘n geval van “under promise en over deliver” * Bennie het ook voortdurend met my gekommunikeer en my op hoogte * Alles het net seepglad verloop en is baie dankbaar daarvoor! * Hy was professioneel, vriendelik en baie hulpvaardig.
Bennie verdien defnitief ‘n groot kompliment hiervoor en die diens wat ek by hom en Ermelo Toyota gekry het was UITSTEKEND! Ons werk ook in ‘n industrie waar kliente-diens baie belangrik is, so ek voel dat as iemand erkenning verdien, dan moet daar melding van gemaak word.
Ek sal defnitief in die toekoms voornemende kliente na Ermelo Toyota verwys!
Nogmaals baie dankie en groete.
Wilhelm Roux |
Beste Jimmy
'n Reuse dankie vir al jul onvoorwaarlike hulp en bystand met die afgelope media bekenstelling van die Yamaha XT1200Z/Super Tenere. Dit was 'n voorreg om jul handelaarskap se mense en gees te beleef. Indien ek 'n Toyota eienaar was sou ek maklik 'n veskoning soek om my voertuig by julle te diens! Hou so aan! Weereens baie dankie en ek hoop julle het 'n suksesvolle Rally agter die rug, Groete |
Haai Noeline, Flippie Ek is ‘n UITERS tevrede klient met die diens en produk wat ek ontvang het. Ek sal nie vir een oomblik aarsel om ‘n potensiële kliënt na jou verkoopspan te verwys nie. Baie dankie vir die geleentheid. Groete, Pieter van Dyk |
Koos Ek handhaaf op die oomblik ‘n ongelooflike pas en eintlik wou ek al lankal na jou toe teruggekom het, maar dit was nog net nie moontlik. Jy het soveel moeite gedoen om te sien dat my kwotasie hersien word en my voertuig binne ‘n rekord tyd herstel word. Ek wil jou graag bedank vir die vriendelike en uiters bekwame manier waarop jy die situasie hanteer het. Sedert jy beheer daarvan oorgeneem het, het ek nie vir ‘n oomblik gewonder waar julle staan nie. Jy het my deurentyd op hoogte gehou. Sedert ek my voertuig teruggekry het, het ek reeds twee keer Nigel toe en een maal Bethal toe gery en ek het geen probleme ondervind nie. Weereens, ‘n hartlike dankie! Hierdie is mos die soort kliëntediens wat ek van Ermelo Toyota ken. Vriendelike groete Elize Johnstone |
Hallo Ek is ‘n kontrakteur by Xstrata en is verantwoordelik vir die grondwater monitering. Ek ry heeldag in die veld rond en neem water monsters, daarom kan ek nie sonder my bakkie werk nie. Tyd is ook ‘n groot faktor aangesien ek elf myne maandeliks moet monitor. Die laaste twee maande het ek drie keer probleme met my bakkie ondervind. Ek is na julle dienssentrum waar ek elke keer dadelik deur Heinrich en Johan gehelp is sonder om te wag. Ek kon vinnig weer met my werk aangaan. Sulke diens kry mens nie aldag nie, baie dankie. Groete Roelf van Rooyen - 6 Desember 2009 |
Hallo Julle Vrydagaand omstreeks 19:30 het my kar met my gaan staan op 'n bitter gevaarlike plek (in Kerkstraat reg voor Auutolink se ingang net na die verkeerslig). Dit het vreeslik gereën en ek het gevrees vir 'n ander kar om in my vas te ry daar tydens die storm. Jan-Hendrik was nog op die pad en het Ermelo Toyota se bystand gebel wat Adolf was, en dit was nie twee minute nie, toe stop hy en Ryan daar om my te help. Ek was baie bly om hulle te sien en ons het toe die kar uit die pad gestoot waarna my pa dit huis toe gesleep het. Ek wil net met julle deel hoe aangenaam dit was om te sien ons kan op ons mede-personeellede staatmaak in 'n geval van nood. Hulle het aangebied om dadelik te kyk in die enjin wat fout is, maar a.g.v. die reën het my pa gesê ons sal Maandag werk maak daarvan. Ek wou net hê julle moet weet watse waardering ek het vir hul vinnige en puik optrede - dis nie lekker om vrou alleen te staan met jou kar wat gebreek het nie. Koos, baie dankie vir jou personeel se uiters professionele optrede, al werk ons saam, was hul steeds meer as net professioneel - dadelik het Adolf ook weer vir Jan-Hendrik gebel om hom terugvoer te gee oor die situasie. Daar gaan so baie dinge in die lewe verby waarvoor 'n mens nooit dankie sê nie, maar dit was vir my baie aangenaam om hulle te bedank vir puik werk na-ure. Groete Franska NB: Ek sal maar 'n Toyota MOET koop - hulle breek nie soos 'n Volkswagen nie. Franska Badenhorst |
Please feel free to comment and leave remarks about your experiense with Ermelo Toyota